Transversale Mercator-projeksie — Afrikaans

Die transversale Mercator-projeksie is ’n algemene kaartprojeksie wat op ’n transversale of dwarssillinder gebaseer is. Hierdie projeksietipe behou gewoonlik nie ware rigtings nie, maar hoeke en vorms word meestal behou. Afstande is akkuraat langs die sentrale meridiaan as die skaalfaktor 0.1 is. Die area-, afstands- en skaalverwringings kan maklik met afstand vanaf die sentrale meridiaan of lengtesirkel toeneem.