volhoubare ontwikkeling — Afrikaans

Ekonomiese vooruitgang wat die behoeftes van die huidige geslag vervul, maar nie die vermoë van die toekomstige geslagte om húlle behoeftes te bevredig, benadeel nie. Hierdie geykte definisie van volhoubare ontwikkeling maak nie voorsiening daarvoor dat die sosiale, omgewings- en ekonomiese behoeftes ten volle geïntegreer moet wees om ware volhoubaarheid te bereik nie. (Kyk “development”, “economic development”, “economic growth”, “environmental management”, en “resources”.)