rasterdatamodel — Afrikaans
’n Rasterdatamodel is ’n soort ruimtelike datamodel en bestaan uit ’n gewone ruitnetsel met rye en kolomme. Elke sel verteenwoordig ’n werklike kenmerk en het ’n waarde wat op ’n metingskaal gemeet word. Voorbeelde van rasterdatalae is digitale lugfoto’s, satellietbeelde, digitale prente en selfs geskandeerde kaarte.