nominale skaal — Afrikaans

Eienskapdata word met behulp van ’n metingskaal vasgelê. ’n Nominale skaal is ’n metingskaal wat die verskille tussen waardes aandui, maar nie rang of absolute verskille weerspieël nie. Voorbeelde van ’n nominale skaal sluit telefoonnommers, identifikasienommers (ID-nommers) of nommers wat grondgebruik verteenwoordig, in. Nominale data kan nie gebruik word om enige berekenings mee te doen nie.