lambert-konformekeëlprojeksie — Afrikaans

Dit is ’n standaard, keëlgebaseerde kaartprojeksie wat dikwels vir lugvaartkaarte gebruik word. Al die meridiane is gelykgespasieerde reguitlyne wat by ’n gemeenskaplike punt bymekaar kom. Die parallelle word as sirkelboë weergegee en spasies vermeerder verder weg van die standaardparallelle. Rigtings, hoeke en vorms word gehandhaaf terwyl afstande slegs langs die standaardparallelle akkuraat is.