interval-/verhoudingskaal — Afrikaans

’n Interval-/verhoudingskaal is ’n meetskaal wat die orde sowel as die absolute verskil in waarde vir ’n stel veranderlikes opteken. Voorbeelde is elevasies bo seevlak waar ’n berg van 2 000 m twee keer so hoog is as ’n berg van 1 000 m, of ’n gebied met ’n reënval van 1 000 mm reën per jaar, wat twee keer die hoeveelheid reën kry as ’n gebied met ’n reënval van 500 mm per jaar.