Globale Suide — Afrikaans

Die teenoorgestelde van die Globale Noorde (kyk “global north”), aangesien die klem hier op die “arm” ontwikkelende lande val. Die lande van die Globale Suide het lae BNP’s, lae BBP’s en lae MOI’e. Die BRICS-lande bied dieselfde klassifikasieprobleem as wanneer daar op die Globale Noorde gefokus word. Deesdae word die terme “ontwikkelde lande”, “ontwikkelende lande”, “lande in oorgang” en “BRICS-lande” verkies en die terme “Globale Noorde” en “Suide” raak in onbruik.