genetiese ingenieurswese — Afrikaans

Die manipulasie van organismes se genetiese materiaal deur óf selektiewe kweking of teling, óf die rekombinering van genetiese materiaal of DNA (kyk “genetically maniputalated organism”). Herkombinering van DNA is tegnieke waardeur DNA-molekules uit verskillende lewende organismes verwyder word en chemies saamgevoeg (versmelt) word om ’n ander organisme te vorm. ’n Grieselrige, maar ware, voorbeeld is dat ’n lewende dier se gene onttrek word en met die DNA van ’n ander dier soos ’n insek of bakterie gekombineer (versmelt) word. Ditmag soos Hollywood-fiksie klink, maar die tegnologie om dit te doen bestaan inderdaad. Baie mense, aksiegroepe en selfs wetenskaplikes verwerp hierdie tegnieke as moreel onaanvaarbaar en eties onregverdigbaar. Sommige mense eet glad nie geneties gemodifiseerde organismes of GMO’s (kyk “genetic manipulated organism”) nie. GMO’s word voortdurend in die populêre media in ’n negatiewe lig gestel; dit ontvang werklik nie gunstige media-dekking nie. Omgewingsaktiviste is heeltemal gekant teen sowel die tegnologie wat vir die skepping van GMO’s gebruik word as die menslike verbruik van voedsel wat GMO’s bevat. Of GMO’s werklik nadeling vir menslike welstand is, moet egter nog bewys word.