plantaardige lewe of flora, plantlewe — Afrikaans

Die plante wat kollektief op ’n sekere tydstip in ’n sekere plek lewe. Dit sluit al die plante wat gesamentlik deel van ’n ekosisteem uitmaak, in, totdat die ekosisteem verander en sekere plante kwyn of uitsterf en die versameling plante in die sisteem verander. Dit kan verskeie plantspesies insluit wat van sowel groot plante soos kremetartbome tot mikroskopiese, eensellige vorme van plantlewe soos fitoplankton wissel.