kenmerkveralgemening — Afrikaans

Kenmerkveralgemening is die onvolledige uitbeelding van vormbeskrywende koördinate vir entiteite wat in ’n GIS verteenwoordig is. Die omvang van veralgemening wat teenwoordig is, word deur die skaal van die kaart bepaal. ’n Kuslyn op ’n 1:10 000-skaalkaart het heelwat minder veralgemenings as dieselfde kuslyn op ’n 1:250 000-skaalkaart.